Hengelvriend.com is geskep om hengel te bevorder.Gebruik die FORUM om oor Oewerhengel, Kunsaas en Ligtegerei boothengel te gesels. Bewaring is vir ons belangrik en ons ondersteun ECOCARE. Spog gerus met julle vangste en plaas foto's op die album.

 

Beste Hengeldae


Junie - 5, 6, 14, 15, 24, 25
Julie - 3, 12, 13, 22 ,30, 31

  

Rioolvuil stroom in Hartbeespoortdam
Beeld - Aug 05 2007 - Daleen  van  Manen

Hartbeespoort. – Miljoene liter rioolvuil stroom nou al die afgelope week onverpoosd in die Hartbeespoortdam in weens stukkende rioolpompstasies in dié omgewing (Lees meer op die Eco-Care blad)

Kyk wat maak so 'n blerrie baber!!

Ekologie-Ramp dreig by Loskopdom

Beeld -Junie 29 2007 - Elise Tempelhoff

Die Loskopdam naby Witbank kan feitlik oornag weens suur mynwater en rioolafval, wat nou al weke lank onophoudelik daarin loop, in ’n reuse poel steriele water verander.Dit sal ’n ekologiese ramp veroorsaak wat alle akwatiese lewe in die dam onmiddellik sal uitwis en verreikende sosio-ekonomiese gevolge vir die streek sal inhou.(Lees meer op die Eco-Care blad)



Eko-Care Trust het in samewerking met Kunsaashengel Suid-Afrika ‘n opname gedoen van visspesie diversiteit in die Vaalrivier Barrage. Lees meer hieroor