Hengelvriend.com


Go to content

Main menu:


Ons het besluit om Hengelvriend 'n nuwe baadjie aan te trek. Ek was vir 'n paar maande in Bhisho (Oos Kaap). Daar is nou tyd om die blad op datum te hou. Ek het bietjie tred verloor met wat op die hengel front gebeur.

Die bakkie se motor het die gees gegee en ons is besig om 'n Lexus V8 motor in te bou. Dit moet gereed wees vir die Roodekopjes
Bonanza. Ek sal verslag gee hoe ons vorder.

Ek was 'n paar weke gelede by die "Noord Transvaal" gronde en die oewer het soos 'n lusern land gelyk van die hiasinte. Ek het ook 'n ruk terug vir Danie Engelbrecht daar ontmoet en hulle het maar die middag opgepak toe massas hiasinte van die damwal se kant na die die oewer gewaai het. Die kabel wat in die rivier gespan is help darem baie. Ek hoop ons gaan 'n hiasint vrye bonanza hengel.

Hennie de Beer van die Skepnet het ingestem om op 'n gereelde basis met ons inligting te deel oor dips, ase en sy gunsteling hengelplekke. Hennie het verkeie foto's van reuse visse wat hy al gevang het in die winkel. 'n Afdeling sal in die blad wees vir Hennie om sy inligting met ons te deel.


Beste hengeldae:

Augustus: 7, 8, 16, 25, 26
September: 4, 12, 13, 21, 22



Back to content | Back to main menu